Saturday 28 September 2013

Tracking the progress in real time

Met 'n baie eenvoudige en maklike toepassing is dit nou moontlik om die dag-tot-dag vordering van die toer op 'n elektroniese kaart te volg. Elke dag wanneer ons na 'n volgende grenspos beweeg sal ons 'n GPS sein aktiveer wat die beweging dan op 'n kaart op die Internet sal aandui.

Kyk na: www.glympse.com/!SAportsofentry (let op die uitroep teken en spelling)

Wanneer ons nie beweeg nie (of nie die GPS sein aktiveer nie) sal daar net 'n statiese icon van ons laaste posisie op die kaart verskyn. Sodra ons beweeg en die sein aktiveer sal ons posisie, roete, bestemming, spoed en tyd van aankoms aangedui word.

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

It is possible to follow the progress of the tour in real time on a map on the Internet. For more information click on the "Tracking" link on the right hand side.