Thursday 21 November 2013

Mosselbaai - lekker plek om af te sluit

Mosselbaai is in November 2013 aangewys as die "groenste" munisipaliteit in die Wes-Kaap. Die dorp spog ook met die "beste" gemiddelde weer dwarsdeur die jaar. Tel daarby die pragtige baai wat al in 1488 deur Bartholomeu Diaz raak gesien en gebruik is, en jy wonder hoekom bly almal nie hier nie.

Die hawe bedien sedert die vroegste dae van die Hollandse settelaars die Suid-Kaap en Klein-Karoo. Meer as 800 ton volstruis vere is jaarliks deur die hawe uitgevoer tydens die bloei tydperk van die volstruis bedryf. 

Tydens ons besoek was daar 'n Duitse plesier boot in die hawe. Die toeriste word toegelaat om die boot te verlaat en met behulp van spesiale identiteitskaarte toegang na die dorp te kry. Geen immigrasie beheer word in so geval toegepas nie. Immigrasie amptenare van George word wel ingeroep wanneer onwettige immigrante deur die polisie in hegtenis geneem word, voordat hulle in die hof moet verskyn, of wanneer skeeps bemanning vir langer tye aan wal gaan.

Hawe sekuriteit is streng en ons kon net op 'n afstand na die aktiwiteite kyk. Dit was egter 'n paslike afsluiting van die 73 grensposte wat ons tydens die toer besoek het.

Streng sekuriteit by die hawe se ingang

Duitse plesierboot in Mosselbaai hawe