Thursday 7 November 2013

Tropiese Pongola

Pongola is 'n mooi dorpie tussen suikerriet lande op die N2 in die noorde van KwaZulu-Natal, 10 km van die grens met Swaziland. Hier is 'n swetterjoel verblyfplekke en as jy nie 'n spesifieke een ken nie, is dit maar 'n skoot in die donker.

Dit was ook die geval toe ons laat op 'n Dinsdagmiddag in die dorp aangekom het. Ons het besluit op Pongola Tropical, 'n palm kwekery net buite die dorp wat ook verblyf in twee gastehuisies bied. Die geluk was met ons en Pongola Tropical van Doulina Slabbert is 'n ware tropiese stukkie eiland.

Behalwe die kwekery is daar 'n pragtige tuin met reuse bome en 'n dam wat lewe van al die voels. Die huisies is goed toegerus, gerieflik en lekker ruim. Ons beveel dit graag aan.

www.pongolatropical.co.za

Pragtige tuine by Pongola Tropical

Twee gerieflike en ruim gastehuisies
Die voeldam by Pongola Tropical