Thursday 7 November 2013

Onverwacht - rustig na Swaziland

10 Kilometer noord van Pongola is 'n mooi grenspos na Swaziland, Onverwacht. Die naam aan Swaziland se kant is Salitje en die pos word sedert 1966 meestal deur Swazi mense gebruik wat in Pongola kom inkopies doen. 

Tydens ons besoek vroeg op 'n Woensdagoggend het dit 'onverwags' besig geraak en daar was net 1 immigrasie amptenaar aan diens. Vriendelike polisie amptenare was egter bereid om ons vrae te antwoord.

Vanuit Pongola is dit 10 km op 'n goeie teerpad tot by die grenspos. Aan Swaziland se kant is dit 13 km grondpad voordat die teerpad na Manzini bereik word. Die grenspos kan nie kommersiele verkeer hanteer nie en min toeriste maak van die grenspos gebruik.

10 km teerpad van Pongola na Onverwacht
Onverwacht grenspos na Swaziland
Salitje, die Swaziland kant by Onverwacht grenspos