Thursday 3 October 2013

Bedrock in Port Nolloth

Port Nolloth aan die noordelike Weskus het baie selfsorg veblyfplekke. Hier is ook 'n hotel en 'n paar gastehuise. Maar wat ligging betref sal jy nie die 'sinkhuisies' voor naby die hawe kan klop nie. Die plek se naam is Bedrock Lodge:

www.bedrocklodge.co.za

Behalwe die uitstekende ligging is dit ook smaakvol, skoon, netjies, en word dit baie goed bestuur deur personeel wat 24-uur beskikbaar is.

Die hotel, hawe, en 'n Italiaanse eetplek is binne stap afstand. Hou in gedagte dat die hawe bedrywighede soms tot laataand kan aanhou.