Sunday 6 October 2013

Onseepkans grenspos

50 kilometer noord van Pofadder is die klein besproeiings nedersetting van Onseepkans. Dit is 'n grondpad tot daar wat met enige voertuig maklik aangepak kan word.

Dit is hoofsaaklik toeriste en plaaslike mense wat die grens na Namibie hier oorsteek. Meeste van die toeriste is jagters oppad na Karasburg en omgewing se wildplase.

Die enkelbaan, Johan Conradie brug kruis die Garieprivier na Namibie waar 'n tipiese grondpad in uitstekende toestand jou verder vat na Karasburg.

Die personeel by die grenspos is uiters vriendelik en effektief.

By die rivier, reg langs die grenspos is die basiskamp van Gravity Adventures wat rivier ritte bied. Dit is die enigste groep wat aan die kant van die Gariep rivier so iets bied, in teenstelling met die besige hordes wes van Vioolsdrift.

Onseepkans is veral bekend vir sy waatlemoene wat hier gekweek word.