Sunday 6 October 2013

Khamkirri oppad na Riemvasmaak

So 30km van Kakamas op die (grond)pad na Riemvasmaak is Khamkirri op die noordelike oewer van die Gariep rivier. Elande, Blou wildebeeste, Springbokke en ander kleiner wild wei op die kampeer terrein. Daar is 'n kroeg met 'n groot gerieflike dek oor die rivier waar jy lang teue kan drink aan jou gunsteling drank teen baie billike pryse.

Behalwe die kampeer terrein is daar ook chalets en luukse tente om te huur.

www.khamkirri.co.za