Friday 11 October 2013

Middelputs grenspos na Botswana - 11 Okt

Middelputs is 'n kleinerige grenspos na Botswana. Alhoewel ons die 160km 'grenspad' in die Molopo rivier van Gemsbok in die Ooste gevolg het, is die meer normale toegangs roete via die 40km grondpad Noord van VanZylsRus.

DIe grenspos funkioneer sedert 1980.  Die fasiliteite is ook gedurende 2010 opgeknap. Met die nuut geteerde B211 in Botswana wat tot by Bokspits, so 50km Suid van Twee Rivieren loop, is hierdie grenspos nou 'n alternatief vir Gautengers om vinniger by die Kgalagadi Nasionale Park uit te kom.

Die naam Middelputs verwys na 'n water put wat hier water voorsien het. Vandag is die water put 'n sterk boorgat.


In Midddelputs word dit so warm die polisiemanne dra kortbroeke