Sunday 6 October 2013

Dag 5 Saterdag 5 Okt - week se hoogtepunt

Die kampeerplek by Aquacade is definitief een van die beter kampplekke waar ons al was. Vroegoggend ry ons weg van Vioolsdrift. Ons volg die N7 tot so 20km voor Steinkopf waar ons links afdraai op die eerste moontlike grondpad. Die bord wys Henkries. Ons wil Pella se rigting na Pofadder.

Ons volg die Garmin City Navigator Pan-Africa se kaart op die GPS. Kort-kort draai ons weer af tot ons op 'n plaaspaadjie deur 'n verlate, sanderige grasvlakte ry. Dit is 'n baie lekker pad om te ry en ons voel eintlik teleurgesteld toe ons later weer op die 'groot grondpad' naby Pella uitgespoeg word.

Onseepkans se grenspos is ook 'n hoogtepunt (sien volgende inskrywing).