Sunday 6 October 2013

Kalahari Monate Lodge - oppad na Kgalagadi

Kalahari Monate Lodge is so10km buite Upington op die R360 na die Kgalagadi Nasionale Park. Dit bied puik kampeer geriewe en chalets. Die netheid van die terrein is opvallend en elke ding is skoon, netjies en op sy plek. Daar is selfs 'n troppie Springbokke en oorkant die pad is die Spitzkoppe natuur reservaat.

www.spitzkopmonate.co.za