Tuesday 1 October 2013

Dag 1 - eerste "grensposte"

Kaapstad Internasionale lughawe  was soos verwag nie baie maklik om  toegang te kry na die plek waar paspoorte gestempel word nie. Maar ons het darem vriendelike amptenare by die Doeane beheerpunt gekry wat bereid was om vir ons 'n stempel te gee.

By Kaapstad hawe in die Waterfront was die immigrasie kantoor 'n verassing. Die gebou is redelik oud, effe verwaarloos en onopvallend. Ek wonder hoeveel mense glip die land hier binne ...
Maar weer eens was die personeel vriendelik en het ons 'n stempel gekry.

In Saldanha Baai het ons baie gesoek na die regte plek. UIteindelik is ons verwys na die SARS kantoortjie. Mnr Kuys, 'n Doeane en Aksyns inspekteur het ons vertel dat daar nie meer 'n immigrasie beheerpunt vir skeeps bemanning is nie - dit word nou via Kaapstad gedoen.  
---------------------------------------------------
It was not possible to gain access to the immigration control at Cape Town International airport - as expected. However, we did get a stamp from a very friendly Customs official.

The immigration office at Cape Town harbour in the Waterfront was a surprise. Old and not very easy to find. But friendly staff gave us a stamp.

In Saldanha Bay we found out that there is no longer an immigration control point for sea crew - it was moved to Cape Town.