Wednesday 9 October 2013

Rietfontein grenspos - Mier wereld

So 140km Suid-wes van Kgalagadi Nasionale Park se Twee Rivieren hek is die dorpie Rietfontein. Hier is 'n laer- en hoerskool met heelwat sake bedrywighede. Hou net in gedagte alles maak toe tussen 1 en 2 in die middag.

Die grenspos na Namibie is net buite die dorp en is van 8:00 tot 16:30 oop. Na-ure sal dit jou R400 kos as jy die immigrasie beamptes se hulp nodig het.

Die grenspos aan Namibie se kant is Klein Menasse. Dit is op die C16 (grondpad) na Keetmanshoop, so 200km verder Wes.

Hier is nie baie kommersiele verkeer nie. Dit is meestal die plaaslike mense en tot 'n minder mate toeriste wat hier deurgaan. En dan die "bike rally" wat volgens die immigrasie amptenaar eenkeer per jaar hier deur ry. Sy weet nie daar is meer as een "bike rally" nie.

Minder as 'n kilometer van die grenspos aan SA se kant is 'n netjiese nuwe kampeer terrein wat deur die Mier gemeenskap bedryf word. Kyk gerus na www.miertourism.co.za