Tuesday 8 October 2013

Stok in die wiel

Maande voordat ons vertrek het, het ek die Dept van Binnelandse Sake ingelig oor ons plan om al die grensposte te besoek en inligting van belang vir reisigers te versamel. Ek het gevra vir 'n brief dat hulle bewus is van ons en dat hulle dit in beginsel onderskryf. Dit was seker die moeilikste voorbereidingstaak vir die toer. My versoek is van een departement en amptenaar na die volgende gestuur. Niemand wou verantwoordelikheid aanvaar nie. 

Na verskeie opvolg aksies van my kant het ek die regte persoon bereik die dag voor ons toer sou begin. Sy reaksie was baie versigtig en het eintlik geen waarde toegevoeg nie. Wat ek nie geweet het nie is dat hy 'n waarskuwing aan al die grensposte gestuur het oor ons voorgenome toer. Die amptenare by die grensposte het my naam geken en was in meeste gevalle baie traag om inligting met ons te deel.

Ek hoop die indruk wat ons agterlaat by die grenspos en die inligting wat ons met lesers deel sal volgende keer in ons guns tel.