Wednesday 9 October 2013

Kgalagadi Lodge - 5km van ingangshek

Verblyf in Kgalagadi Nasionale Park is gewoonlik 'n probleem. Tydens ons besoek in Oktober, buite die normale vakansie seisoen, was al die verblyf by Nossob, Mata-Mata en Twee Rivieren vol bespreek. Selfs die kampplekke!

Kgalagadi Lodge is 5km voor die ingangs hek by Twee Rivieren en bied nou 'n goeie alternatief. Daar is chalets en kampplekke en dit is naby genoeg om vir dag besoeke in die park te gaan.