Wednesday 16 October 2013

Swartkopfontein - vat die middel pad

Ons is by Skilpadshek grenspos deur na Botswana en so 70 km verder weer terug na Suid-Afrika by Ramotswa (Botswana kant) en Swartkopfontein (Suid-Afrika kant). Die grens self is die Ngotwane rivier, 'n klein sytak van die Limpopo rivier.

Die grenspos word sedert 1967 gebruik. Daar is baie tekens van weermag teenwoordigheid hier gedurende die dienspligjare van die 1980's. Dit was onder andere die basis van Tango kamp.

Alhoewel dit 'n klein grenspos is in terme van infrastruktuur, gebruik tot 700 plaaslike mense die pos per dag omdat die ander grensposte hier naby (Skilpadshek 70 km suid en Kopfontein 40 km noord) so besig is met kommersiele verkeer. Dit is slegs 30 km van Gaberone en 90 km van Zeerust. Naweke en vakansie dae is dit veral besig.

Ramotswa, die Botswana kant van Swartkopfontein